welkom!

Welkom by die webtuiste van Isak Burger se boek “5 minute voor en na die dood”.

Hiér kan jy nou uiteindelik al jou vrae oor die dood vra waaroor jy so lank al wonder. Lees Isak se antwoorde en gesels en redeneer met ander daaroor en verryk só jou geloofslewe.

Kyk ook die video’s waar hy oor aktuele temas gesels wat jou lewe daagliks aanraak en koop sy boeke teen 50% afslag!

     

Vraag 38: My baba is vroeër vanjaar oorlede. Gaan ek haar in die hemel herken as ’n baba of ’n volwassene? Antwoord 38: Dis vir ons moeilik om te begryp dat ons “aan die ander kant” nie gebonde sal wees aan die beperkinge van ons drie dimensionele aardse bestaan nie. Hierdie drie dimensies is afstand, materie en tyd. Daarom kon Jesus na Sy opstanding uit die dood en met Sy verheerlikte, bonatuurlike liggaam wel “gevoel” word. (Luk. 24:39 en Joh. 20:27). ...>>

Vraag 37: My baba is kort na geboorte dood. ‘n Moontlike rede daarvoor was dat ek tydens swangerskap ‘n gesondheidsprobleem gehad het waarvan ek onbewus was asook dat ek alkohol gebruik het voordat ek geweet het ek is swanger. Sal God my vergewe? Gaan hy ‘n baba in die hemel bly? Antwoord 37: Elke baba wat volmaak gebore word, is eintlik ‘n wonderwerk. Daar is soveel wat tydens die swangerskap verkeerd kan loop. Die moeder se gesondheidstoestand asook dít wat sy ...>>

Vraag 36: Ek wil net graag by jou weet, volgens God se Woord sal Hy met sy wederkoms die persone wat in Hom gesterwe het, eerste laat opstaan. Hoe strook dit met die Bybel as alle afgestowenes in Christus reeds in die hemel is. Tweedens, word almal wat sterf dadelik geoordeel, aangesien jy binne 5 minute in die hemel of hel gaan wees? Volgens God se woord het ek nog altyd verstaan die oordeel sal eers plaasvind met sy wederkoms? ...>>

Vraag 35: Is dit soms beter om nie by iemand se sterfbed te wees nie – veral iemand baie na aan jou? Antwoord 35: Hierdie is ‘n vraag waarop daar nie ‘n standaard antwoord is nie. Dit kan verskil van persoon tot persoon. As reël meen ek dat die meeste agtergeblewenes verkies om teenwoordig te wees wanneer ‘n geliefde aan die einde van sy/haar aardse reis kom. Ook vir die een wat sterf – indien hy/sy steeds by sy/haar positiewe ...>>